Soek allereers die Koninkryk van God

Deur Rick Moser

Jesus sê ...maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as 'n bonus byvoeg (Matteus 6:33). Waarvan praat die Bybel as dit sê al hierdie ander dinge? Dit is 'n verwysing na die dinge wat Hy reeds in die voorafgaande verse genoem het, waar Hy praat van kos, klere, die voëls van die lug wat deur die Here versorg word, die blomme van die veld, ens. Die Here waarborg ons dat Hy die Een is wat goeie dinge vir ons wil gee.
 
Wanneer Hy sê, ...maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle eerste prioriteit, sê Jesus dat dít wat vir God reg is, die dryfveer moet wees in al jou begeertes. Dit moet die plek wees waarvandaan jy alles aanpak. Dit moet ook die basis van jóú begrip van wat reg is, wees.

Jesus staan bekend as die Vredevors. Hy staan bekend as die Koning van geregtigheid. God staan bekend as die Gewer, die Vader. God die Vader, die Seun en die Heilige Gees staan bekend as die Lewensbron, die bron van alle rykdom, die bron van seën en die bron waar voorsiening van kom. God se ingesteldheid is nie Ek steel nie van jou nie, God se ingesteldheid is, Met hoeveel kan Ek jou oorlaai? Met hoeveel goedheid kan Ek jou oorlaai? Hoe kan Ek guns op guns op guns op jou laat reën? Dit moet ook jou ingesteldheid wees. Die ingesteldheid van 'n gesonde gemeenskap is nie, Met hoeveel kan ek wegkom nie?, die ingesteldheid van 'n gesonde gemeenskap is, Met hoeveel kan ek jou oorlaai vanuit die volheid van wat ek het?

Jesus se lewe dien as voorbeeld. Hy het die heerlikheid van die Vader aan ons kom ten toon stel. Hy het die hart van God as gewer, vir ons kom wys. Jesus het vir ons kom wys wat God se gedagtes is, hoe Hy na verhoudings, die gemeenskap en werk kyk. In Jesus sien ons nie net die vervulling van die Tien Gebooie nie, in Jesus sien ons ook die verwesenliking van Miga 6:8, Nee, Hy wat reeds gesê het wat reg is. Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe. Hy is die een wat dit by uitstek nie net reggekry het nie, maar ook die maatstaf daar gestel het van wat dit beteken om reg te doen. Hy het ons kom wys wat dit beteken om in liefde te betrag, om in liefde onder mekaar, met mekaar te kan lewe. Hy is die Een wat vir ons kom bewys het wat dit beteken om ootmoedig met God te wandel.
 
Enige iets minder as dit is om in God se oë te onderpresteer. Om met minder tevrede te wees as wat God vir jou in gedagte het, behaag Hom nie. Mag jy met God begin gesels oor sy plan, sy begeertes, sy volheid wat Hy ingedagte het, sy hart vir jou gemeenskap en vir jou werkplek, en jou verantwoordelikhede waar jy Hom verteenwoordig as sy agent vir verandering.

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006