Die wie, wat en hoe van Kersfees? / The who, what and how of Christmas

Verstaan jy wat jy lees met Braam Klopper

5 Desember 2014
Gaste: Dirk Venter, Dennis van der Spuy & Letsekile Mashoko

Waaroor en oor wie gaan Kersfees en hoe moet dit gevier word? Who is Christmas about and what exactly is it about? How can we celebrate Christmas so that the true meaning is demonstrated instead of the true meaning actually being overshadowed by things like over commercialisation?

Die heel belangrikste Wie van Kersfees is Christus self. Kersfees gaan oor Hom, die persoon van Christus. Daar is ook ander persone in die Kersverhaal wat 'n belangrike rol gespeel het, byvoorbeeld die herders en die wyse manne. (Lukas 2 en Matteus 2) Die herders was eintlik randfigure in die samelewing. Hulle was mans wat die skape in die veld opgepas het en wat heel moontlik ongeslypte diamante was. Hulle was gesien as onbelangrike mense in die samelewing.  

Selfs as 'n mens aan die wyse manne uit die Ooste dink, moet jy in gedagte hou dat in die Judaïsme van daardie tyd waarin Jesus gebore is, hulle ook buitestaanders was, want hulle was van die Ooste af. Hulle was nie Jode nie en was beskou as deel van 'n heiden nasie. Hulle was nie deel van daardie godsdienstige bestel nie, hulle was dus eintlik onrein.
 
Hier in die Kersfeesverhaal sien 'n mens vir WIE Jesus eintlik gekom het. Natuurlik het Hy gekom vir die hele wêreld, maar in die besonder vir mense wat op die kantlyn van die samelewing staan. Die herders, die wyse manne uit die Ooste, was eintlik uit die binnekring gesluit. Dit is reg en goed dat jy Kersfees saam met jou naastes, die familie en kinders wat van ver af kom, spandeer. Dit is goed dat ons rondom Kersfees weer tyd het om bymekaar uit te kom, maar dit gee eintlik ook vir ons in die besonder die geleentheid om by diegene wat nie deel van die binnekring is nie, uit te kom.

Die WIE is dan nie net Christus nie, maar ook ander mense en buitestaanders, veral buitestaanders wat in 'n minderbevoorregte posisie is, nie net finansieel nie, maar ook omdat hulle dalk eensaam is en nie die Kerstyd saam met hulle familie en vriende kan deurbring nie.

In Matthew 2 when Herod heard about Jesus in verse 3 it says, When king Herod heard this, he was disturbed. Christmas is about Jesus who came to disturb you, the cultures or tradition that you have, to think about other people.

 

sl-001
sl-002
sl-003
sl-004
sl-005
sl-006