Menu

Radio Pulpit

Home

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Lewe vanuit God se lig

God het die asem van die lewe in Adam geblaas en oombliklik het daardie pragtige kleipop wat God geskep het, 'n lewende siel geword. Die resultaat van hierdie wondergebeure was dat Adam nie net lewend geword het nie, maar dat hy ook iemand geword het wat lewe tot stand kon bring, dat hy self ook lewegewend was.

Ons is geroep om 'n lewe in die son, in die lig, te wees.

Genesis vertel van die skepping van die son en Openbaring vertel van 'n omgewing waar daar nie meer 'n son of 'n maan nodig is nie, omdat die teenwoordigheid van God die Vader en van Jesus die lig op so 'n uitsonderlike wyse verskans dat daar nie eers 'n skaduwee in die hemel teenwoordig is nie. Ons kan hier op aarde mense, dinge en sake volgens 'n aardse lig beoordeel, of ons kan met die lig van God se teenwoordigheid na hulle kyk, wat ons in staat stel om te sien met oë wat baie dieper en wyer kan kyk om dit wat voor ons is, te sien. As ons toelaat dat God die oë van ons gees verlig om na dinge, mense en gebeure te kyk, kan ons skielik sien hoe ons oral waar daar pyn, seer en swaarkry is, genesing, vrymaking en oorwinning kan meebring.

Laat elke krisis toe om 'n geleentheid te word waardeur jy al groter, dieper, wyer en omvangryker begryp hoe groot die lewe is wat God deur Christus Jesus en die inwonende teenwoordigheid van die Heilige Gees binne-in jou vrygestel het.

Ons gaan gebuk onder die las van sonde.

Genesis getuig van die koms van sonde na hierdie wêreld en Openbaring jubel en juig oor die feit dat sonde tot 'n einde gekom het. Sonde beroof ons van God se oorspronklike bedoeling met ons lewe. Sonde lei ons op 'n dwaalspoor wat veroorsaak dat ons van koers af raak. Aan die ander kant, wanneer ons Christus as ons Saligmaker en Verlosser leer ken en ons besef dat Hy ons sonde weggewas en ons met die Vader versoen het, kan ons egter elke keer die doel wat God vir elke situasie, gebeure en verhouding waarin ons onsself bevind het, bereik. Dan loop ons pogings uit op sukses, want hulle word uit God gebore. Dan verdiep en verbeter ons verhoudings, want hulle word in die bloed van die Lam gewas.

God wil hê dat jy vanuit sy lig na die wêreld om jou moet kyk en dat jy nie langer onder sonde gebuk sal gaan nie. Hy wil hê dat jy met volkome vryheid in Christus sal optree, om te groei totdat ons alles kan bereik waartoe die Heilige Gees ons in staat stel, naamlik 'n lewe in God se teenwoordigheid.

Quick Links

Connect with us

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005