Menu

Radio Pulpit

Home

Radiokansel Facebook Radiokansel Twitter

A+ A A-

Fokus op Jesus

Eva was die eerste vrou. Sy was rein. Sy was beeldskoon. Sy het goeie gesondheid gehad. Sy het alles gehad wat sy kon begeer. Sy het 'n perfekte verhouding met God en selfs met haar man gehad. Haar tuiste was die Paradys. Wat meer kan mens vra? Tog het Eva onvergenoegd geword.

Die vyand het gekom en haar 'n begeerte gegee vir iets wat sy nie gehad het nie. Hoe kan ons haar oordeel? Soms word jy wakker en jou huis is ewe skielik te klein, jou man is vervelig, jou kinders is stout, jy het niks om aan te trek nie en jou salaris is te min. Dan begin jy iets anders begeer en begin planne maak om dit te kry, sonder om die ware kostes daarvan te bereken.
Wat vandag mooi en perfek lyk, kan môre vervelig, afgesaag en eenvoudig wees, veral as die vyand sy sin kry en jou oortuig om sy leuens te glo. Sy doel is om jou verhouding met God te vernietig.

Wat is die oplossing? Jy moet jou verhouding met God versterk sodat die Vader jou kan help om jou swakhede te herken. Jy moet God vir leiding vertrou en soos Paulus in Filippense 3 vers 13 en 14 sê: Een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê. Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Christus Jesus dit vir my verdien het. Paulus was tevrede met sy lewe, omdat sy fokus op Jesus was en nie op sy omstandighede nie.

Verander vandag jou fokus na Jesus toe. Jy het die voorreg om 24 uur in sy teenwoordigheid deur die Heilige Gees wat in jou woon, te wees. Sy teenwoordigheid is kosbaar en kragtig. Ons kan tevrede met ons lewens wees, want ons lewens getuig van God se goedheid.

Psalm 145 vers 7 sê: Hulle sal vertel van u ryke goedheid; en met vreugde sing van u regverdigheid. Wees vandag tevrede in Jesus se teenwoordigheid.

Quick Links

Connect with us

ProudlySA

bg-004
bg-006
bg-003
bg-002
bg-001
bg-005